InternationalSport

Ermelo stoeiers vir harde werk beloon

De Wet Luüs, Teghan Breytenbach en Franco du Rand deel die trofee vir die meeste toernooi deelname.

Ermelo Stoeiklub het op 23 Oktober hulle jaarlikse algemene vergadering en prysuitdeling geniet.

Die stoeiers het hard gewerk gedurende die jaar, en is op dié aand beloon met wisseltrofees.

Darius du Rand is aangewys as beste stoeier in die 0/7-groep, AJ van Niekerk in die 0/8-groep, Carlo van Staden in die 0/10-groep, in die 0/11-groep is WP Human as die beste stoeeier in die 0/11-groep en Dewet Luüs is die beste 0/13-stoeier.

Lujaney de Waal het die Gringer-trofee vir dame-stoeier ontvang.

DG Boshoff het die trofee vir die moedigste stoeier ontvang en Nico Brits is die stoeier wat die beste gevorder het.

De Wet Luüs, Teghan Breytenbach en Franco du Rand deel die trofee vir die meeste toernooi deelname.

Marno Botha het die trofee vir die Sportman van die Jaar, asook die mees wetenskaplike stoeier en meriete stoeier ontvang.

Marno is ook aangewys as die beste 0/17-stoeier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button