EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kersmark gaan groot wees

Dié mark beloof om die grootste kunsmark van sy soort op Bethal te wees.

BETHAL – Organiseerders van die pastoriemark is verbaas, maar dankbaar vir die hoeveelheid uitstallers wat vir die eerste Kersmark ingeskryf het.

Dié mark beloof om die grootste kunsmark van sy soort op Bethal te wees.

Die pastoriemark vind vanaf 4 tot 7 Desember vanaf omstreeks 9vm tot 7nm en Saterdag tot 2nm plaas.

Borduurwerk, mosaik, tokreen, Barbie- en Ken-popklere, handgemaakte bere, gebreide speelgoed, houtmeubels en speelgoed, besonderse klippies, vrugtekoeke, koeksisters, beskuit, klein koekies, bokmelkprodukte, kussings, juwele, naaldwerkartikels, tafellappe, sepies, skilderye en nog vele meer is van die uitstallings wat kopers tydens die mark sal aantref.

Mense kan gerus hul laaste Kersinkopies by die mark doen.

Daar gaan ook SandArt-klasse teen R25 vir kinders aangebied word.

Die klasse gaan elke oggend omstreeks 10vm en 11vm plaasvind, met 10 leerlinge per klas.

Inskrywings kan by die laerskole en kleuterskole op Bethal gedoen word, asook by die Bethal Biblioteek.

Vir meer inligting oor die mark, skakel me. Marita Oosthuizen by 082 291 3558 of stuur vir haar ’n e-pos by maritao@vodamail.co.za.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button