Local newsNews

Jong man verdrink

Polisieduikers kry jong man se liggaam in Trichardtsfonteindam.

TRICHARDT – Mnr. Hein Graaf (23) het Saterdag, 9 November in die Trichardtsfonteindam verdrink.

Hy en ’n vriend het gaan hengel en mnr. Graaff wou sy lyne dieper in die dam neem en het met ’n kano op die dam geroei.

Na wat verneem word het hy die lyne ingeneem en omgedraai om terug wal toe te roei toe die kano omgeval het.

Die kano het glo weggedryf, waarna mnr. Graaff begin sink het.

Mense wat ook by die dam was, het met ’n bootjie ingegaan en hom gesoek, maar het net sy hoed en later sy kano gekry.

Polisieduikers het Saterdag begin duik om hom te soek en heel Sondag geduik en sy liggaam op 11 November sowat 11m onder die water gevind.

Mnr. Graaf se roudiens vind op 15 November vanuit die AGS Kerk op Morgenzon plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button