Kaalspruit VLU-vroue vergader op Standerton
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 23 Junie by te woon.
Lede van die VLU se Kaalspruit-tak op Standerton het op 19 Mei bymekaar gekom en Marinda Visser het vir die lede gewys hoe om liggies te maak.
Visser het ook vir die lede gewys hoe om te weef en hulle het die kans gehad om self te probeer weef en dié vaardigheid te beoefen en bemeester.
Die Kaalspruit-tak se tema vir die dag was sonbrille en lede kon hul sonbrille met iets vroliks en interessants versier.

Die bestuur van dié tak het belangstellendes na hul volgende vergadering wat op 23 Junie plaasvind, genooi.
Dit begin om 09:30 by die Hervormde Kerk op Standerton.
Die vroue moet dan interessante serpe dra vir die dag en gaan lemoenkoek maak vir hul maandelikse kompetisie. Vir meer inligting, skakel die voorsitter, Santie Cawood by 083 285 9031.
LEES OOK: Secunda VLU-vroue geniet uitstappie na Kriel
LEES OOK: VF Plus in Govan Mbeki Munisipaliteit kla by openbare beskermer oor nalatigheid



