EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Fotograwe sluit jaar af

Kriel fotograwe ding mee in maandelikse kompetisie.

KRIEL – Lede van Kriel Fotoklub het in November hul laaste byeenkoms vir die jaar aangebied.

Mnr. Leon Droshky van Ermelo Fotoklub was die gasspreker en beoordelaar vir Oktober.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Oktober was nagfotografie en die wenner van dié afdeling was mnr. Dirk Venter met sy foto Aliens Attack.

Die wenners van die ander afdelings vir Oktober was mnr. Gerhard Visagie in die seniorafdeling met sy foto Misty Walk en mnr. Johan Briedenhann in die juniorafdeling met sy foto Flamingo.

Dr. Leon Pelser was die gasspreker en beoordelaar vir November en lede het voor die vergadering eers ’n bring en braai geniet om sodoende hul jaar af te sluit.

Die voorgeskrewe onderwerp November was mikro-fotografie en die wenner van dié afdeling was mnr. Eric Bosman met sy foto Lekker Nektar.

Die wenners van die ander afdelings was mnr. Gerhard Visagie in die seniorafdeling met sy foto Mis Krokodilbrug en me. Annemarie Durand in die juniorafdeling met haar foto Bromvoël.

Lede van Kriel Fotoklub het verskeie werkswinkels in fotografie in November bygewoon en die sprekers was mnr. Danie Bester van Photo Critic and Digital Photography Courses en mnr. Anton Helberg, ’n professionele fotograaf van Middelburg wat oor ateljee-fotografie gepraat het.

Kriel Fotoklub het weer op 22 Januarie om 6.30nm by die Roepersfonteingemeente ’n vergadering.

Vir meer inligting, skakel mnre. Dirk Venter by 073 2246 844 of Gerhard Visagie by 082 4624 639.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button