CrimeNews

Dit is ’n bietjie vreemd

Iets buite die gewoon word soms dadelik deur inwoners opgemerk.

‘n Voertuigbinneband met ‘n verlate babastoeltjie bo-op is onlangs in Colignystraat opgemerk.

Met inbrake en mense wat gereeld aangeval word, word enige iets wat buitegewoon is, dadelik deur die gemeenskap raakgesien.

Die Standerton Polisie en Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) is dadelik in kennis gestel.

KVD was binne minute op die toneel, maar ‘n uur later was die polisie nog nie in sig nie.

Vele oproepe is na die Standerton Polisiekantoor gemaak, maar daar was geen reaksie nie.

Dit kon ‘n merker gewees het, wat inbrekers gebruik om huise te identifiseer.

Volgens lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van Standerton Polisie, moet die reaksietyd van die polisie vinniger wees.

Die gemeenskap word gevra om dadelik soortgelyke gevalle aan die polisie te rapporteer by 017 719 1250 of KVD by 017 712 1354.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button