Local newsNews
VLU kom by mekaar
Die VLU is ’n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om ’n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.

KINROSS – Lede van die VLU het Donderdag, 16 Januarie bymekaar gekom om hul jaarlikse program te bespreek.
Me. Susan van der Merwe het me. Lorinda Pretorius, nuwe lid, by die VLU verwelkom.
Sy het me. Fiona Viljoen wat haar enkel beseer het en me. Lizel van de Venter se ma wat in ’n Pretoriase hospitaal opgeneem is, sterkte toegewens.
Me. Viljoen het die byeenkoms met ’n inspirerende Bybelvers en gebed geopen.
Die VLU is ’n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om ’n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.
Die volgende byeenkoms is op 13 Februarie.
Skakel me. Susan van der Merwe by 082 575 6116 vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.