Local newsNews

Dirk leef na nege beroertes

Almal welkom by nuwe omgeegroep vir seniorburgers op Secunda.

SECUNDA – ’n Nuwe omgeegroep vir seniorburgers het Dinsdag, 11 Februarie op Secunda afgeskop.

Almal is welkom om by dié interkerklike groep in te skakel.

Een van die seniorburgers, mnr. Dirk Slabbert, het sy 70ste verjaarsdag gevier en sy getuienis gedeel.

Mnr. Slabbert het homself as ’n rowwe, bakleierige mens wat daagliks gedrink het, beskryf.

“Ek het twee bottels Can daagliks gedrink en as ek my oë oopgemaak het, het ek begin drink en ek het 120 sigarette daagliks gerook,” het hy gesê.

Hy het meer as 40 jaar gelede een aand byna sy lewer verloor toe hy in ’n ongeluk was en met sy motor op die middelman van die pad te lande gekom het.

“Ek het ’n stem gehoor wat vir my gesê het: ‘Dit kon jou lewe gewees het’,” het mnr. Slabbert vertel.

Hy het egter na dié aand steeds gerook en gedrink.

Hy het later ’n probleem met sy keel ontwikkel wat só seer was dat hy nie kon eet of rook nie.

“Ek kon vir 10 dae net sop eet en het toe vir die Here gesê as dit die manier is om my te laat ophou, moet Hy dit doen.

“Ek het in 1973 die Here ontmoet en die pad saam met Hom begin stap.

“As jy Hom vra om jou te help, dan sal Hy,” het mnr. Slabbert gesê.

Hy het in 1995 sy eerste beroerte-aanval gekry en het sedertdien al nege beroertes gehad.

Dele van sy lyf was verlam tydens dié beroertes en hy kon nie praat nie, maar hy het steeds vir die Here dankie gesê dat hy nog leef.

Hy was na sy negende beroerte heeltemal verlam en kon nie praat nie en moes van voor af leer praat.

Hy was in dié tyd moedeloos, maar sy vrou, me. Marjorie Slabbert, het hard met hom gepraat en hom aangemoedig om aan te hou probeer.

Die egpaar is al 38 jaar getroud en het eers op Secunda gewoon en toe Kaap toe getrek vir vier jaar voordat hulle hulself weer op Secunda gevestig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button