Bethal-stoeiers vaar goed by SAs

Unicor Stoeiklub bring vier medaljes huis toe.

Stoeiers van die Unicor Stoeiklub het op 30 Mei aan die Suid-Afrikaanse Grieks-Romeinse Stoeikampioenskap in Pretoria deelgeneem en presteer.

Dié stoeiers, wat deel gevorm het van die Mpumalanga Stoeispan, het verskeie medaljes ingepalm en plekke behaal.

Sebastiaan Nel het ’n goue en ’n silwer medalje in die twee afdelings waarin hy deelgeneem het verower, terwyl RJ Fritz ’n silwer medalje in die o8-afdeling verower het en Luhan Steenkamp ’n brons medalje in die o11-afdeling.

Marnus Smit en Udo Dorfling het vierde plekke in hul onderskeie afdelings, o8 en o11, behaal.

Wynand Prinsloo was ook deel van die Mpumalanga-span en het aan die SA’s deelgeneem.


boy in a blue and yellow tracksuit
Wynand Prinsloo van die Unicor Stoeiklub op Bethal was deel van die Mpumalanga stoeispan wat op 30 Mei aan die Suid-Afrikaanse Grieks-Romeinse Stoeikampioenskap deelgeneem het. Foto: Verskaf.

boy in a South African tracksuit jacket
Sebastiaan Nel van die Unicor Stoeiklub op Bethal het ’n goue en ’n silwer medalje by die Suid-Afrikaanse Grieks-Romeinse Stoeikampioenskap verwerf. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button