NewsSchool sportSchoolsSport

Atlete kwalifiseer vir kampioenskappe

Hoërskool Secunda stuur 18 atlete na Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe.

SECUNDA – Altesaam 18 van Hoërskool Secunda se atlete het provinsiale kleure verwerf en is gekies om aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe wat vanaf 26 tot 29 Maart in Polokwane plaasvind, deel te neem.

Die atlete wat gekwalifiseer het, is Ivan Meere, Marilise Higgins, George Weilbach, Surprise Nkambule, Right Potgieter, Justin Johanssen, Lieburt Meintjies, Leandri Lamprecht, Juan Kotze, Lee Jovner, Lebo Molepo, Estee Rudolph, Lolla Mokoena, Julian Henn, Hayley van Coller, Jacques Cloete, Melande Stadler en Arno Buys.

“Ons is trots op dié leerlinge en hul afrigter, mnr. Mike van der Walt.

“Baie geluk aan elke atleet en hul ouers, Hoërskool Secunda salueer julle,” het mnr. Paul van den Berg, direkteur van bemarking by Hoërskool Secunda, gesê.

Mnr. Van der Walt is ’n afrigter en biokinetikus by die skool.

Related Articles

Back to top button