BETHAL – ’n Boerboel en ’n boerboelkruising het in die afgelope twee weke in verskillende mangate geval.
Me. Louise Engelbrecht van die Bethal DBV het in die mangate geklim en die honde gered.
“Die gate is onder die gras toegegroei en enigiemand kan daarin val,” het me. Alma Botha van die Bethal DBV gesê.
Volgens mnr. Henry Masango, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, is dié mangate klaar toegemaak en die Bethal DBV is daarvan bewus.
Die boerboel se eienaar het haar gaan haal, maar die boerboelkruising is tans by die Bethal DBV en sy eienaars kan hulle skakel by 084 852 0889.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



