Martiens herstel na aanval
Die Standerton Advertiser het berig oor die onlangse aanval op mnr. Martiens Rautenbach, ‘n bejaarde boer van die omgewing. Die aanvaller het na ‘n vuisgeveg met mnr. Rautenbach met sy bakkie weggejaag. Sy bakkie is in die voorval afgeskryf en die polisie het die verdagte in hegtenis geneem. Die boere van die omgewing het hom …

Die Standerton Advertiser het berig oor die onlangse aanval op mnr. Martiens Rautenbach, ‘n bejaarde boer van die omgewing. Die aanvaller het na ‘n vuisgeveg met mnr. Rautenbach met sy bakkie weggejaag. Sy bakkie is in die voorval afgeskryf en die polisie het die verdagte in hegtenis geneem.
Die boere van die omgewing het hom te hulp gesnel met selfs ‘n vliegtuig wat ingespan is om die voortvlugtigde op te spoor.
Mnr. Rautenbach het gesê dat dit heeltemal goed met hom gaan, hoewel die voorval newe-effekte het.
Hy was onlangs alleen vroegoggend op pad na Bothaville en moes brandstof by ‘n vulstasie ingooi.
“Ek het nie geweet wat om te verwag nie.”
Die neusbesering wat hy in die geveg met die aanvaller opgedoen het, is nie te ernstig nie, hoewel sy neus nog seer is.
Volgens mnr. Rautenbach het die speurder, wat die saak ondersoek, gesê dat die verdagte na sy verskyning in die Standerton Landdroshof, nie op parool vrygelaat kon word nie omdat hy blykbaar niemand ken nie.
Die verdagte, wat steeds in die Sakhile aanhoudingselle is, gaan vermoedelik vir psigiatriese waarneming verwys word.
Die polisie se ondersoek is steeds aan die gang en vingerafdrukke moet nog van die bakkie geneem word.
Mnr. Rautenbach se kinders is uiteraard bekommerd oor hom en hou nie daarvan dat hy alleen ry nie.


