Local newsNews
Mense gelukkig om weg te stap na ongeluk
Die motorbestuurder was op pad na Standerton vanaf Volksrust.
‘n Ongeluk het op 28 Mei omstreeks 7nm halfpad tussen Standerton en Perdekop plaasgevind.
Nooddienste was vinnig op die toneel ten spyte van vertragings op die pad weens padwerke.
Niemand is ernstig beseer nie.
Die motorbestuurder was op pad na Standerton vanaf Volksrust.
Twee ambulanse is uitgeroep hoewel hulle eers op die R23 uitgestuur is op pad Heidelberg toe.
Hulle het vir die bestuurder ‘n paar pleisters opgesit waar hy sy kop teen die ruit gestamp het en teruggekeer dorp toe.
Omdat die ongeluk nie in die pad plaasgevind het nie, was daar nie vertragings nie en verkeer het glad verloop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



