Local newsNews

Stoffel laat leemte

Man kry vyf keer Guillain Barre.

SECUNDA – Mnr. Stoffel van der Merwe (60) is op 17 Mei aan die siekte Guillain Barre dood.

Hy het dié siekte vir die vyfde keer gehad en was voor sy dood vir 37 dae in die hospitaal waarvan 34 in isolasie was.

Hy het infekie gekry en 40 botteltjies behandeling teen Guillain Barre gebruik, maar sy liggaam was te swak om terug te baklei.

Hy was 17 toe hy dit vir die eerste keer gekry het en het toe vinnig herstel.

“Hy was toe nog jonk en was binne ses weke weer gesond,” het sy vrou, me. Jeanette van der Merwe, gesê.

Dié siekte het hom egter nege jaar later weer getref en toe weer ’n jaar later.

Die tweede keer was hy egter nie so gelukkig nie en dit het hom toe ses maande geneem om te herstel en hy moes vir maande in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal bly.

Guillain Barre het al die kere net te veel skade aangerig en sodoende kon hy nie die laaste keer herstel nie.

Volgens me. Van der Merwe was haar man se dokters stomgeslaan toe die siekte vir die vyfde keer toegeslaan het.

“Gewoonlik kry ’n mens dié siekte net een keer,” het me. Van der Merwe gesê.

Mnr. Van der Merwe was nog in die laaste paar jare aktief en het tot onlangs toe nog as bedryfskontroleerder by Sasol gewerk en na sy aftrede uitgesien.

Hy het 35 jaar diens by Sasol gehad.

Sy vrou het hom as ’n blymoedige mens wat almal gehelp het, beskryf.

“Hy was ’n gesinsman.

“Hy het altyd gegee en nooit iets terug verwag nie,” het me. Van der Merwe gesê.

Die egpaar was vir bykans 38 jaar getroud.

Mnr. Van der Merwe laat sy vrou, twee dogters en twee skoonseuns en vyf kleinseuns agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button