Local newsNews

Tannie Marie word 91

Bejaarde word 90 en kan nog steeds haar tone raak.

BETHAL – Me. Marie Swanepoel (90), bejaarde van Palmoord Sentrum vir Bejaardes, doen nog alles wat sy gedoen het toe sy 20 jaar oud was.

Me. Swanepoel is in 1945 vir die eerste keer getroud en in 1995 vir die twee keer en het in haar lewe agt verskillende kursusses gedoen om die lewe vir haarself makliker te maak en haarself te bevorder.

“Die Here het my geseën om met my hande te werk,” het sy gesê.

Sy het twee kinders, twee kleinkinders en drie agterkleinkinders en in haar vrye tyd speel sy Bingo en kaarte, doen naaldwerk, brei, neem aan aerobiese klasse deel en is by die kerk betrokke.

Haar dogter, me. Rie Greyling (62), bly saam met haar by Palmoord Sentrum vir Bejaardes en volgens me. Viljoen drink sy en haar dogter elke oggend om 4.30vm saam koffie en eet saam beskuit.

“Ek mis die koffie en beskuit vir niks in die wêreld nie,” het sy gesê.

Hulle het eers vir nege jaar in die woonstelle gebly en bly nou al vir twee jaar in die ouetehuis.

Verder was me. Swanepoel die sekretaresse van die Jeugskou en die verkiesing.

Sy bestuur nog haar motor, oefen gereeld en kan nog haar tone raak.

Haar raad aan jongmense is dat hulle vrede moet maak met dinge wat teen hulle gaan, altyd positief bly en nie die lewe sonder die Skepper leef nie.”

Me.Swanepoel wil haar dogter en twee kleinkinders, mnr. Johan Greyling en me. Bertie Coetzee, vir hul die hulp en ondersteuning, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button