Local newsNews

Marthie is ’n inspirasie

Bejaardes is lief vir me. Van der Walt.

BETHAL – Me. Marthie van der Walt is nie net ’n toesighouer vir bejaardes nie, maar iemand vir wie hulle lief is.

Sy is op 1 Maart 2013 as ’n ontvangsdame by Palmoord Sentrum vir Bejaardes aangestel en wou meer by die bejaardes betrokke raak en het toe die pos as toesighouer en skakelbeampte gekry.

Me. Van der Walt bied aktiwiteite vir die bejaardes aan en werk ook met die Alzheimerspasiënte en volgens haar lê hulle haar die naaste aan die hart.

Sy is al vier jaar getroud en sy het twee kinders.

Haar motto in die lewe is om die oomblik te laat tel, want as jy hom gemis het, is hy verby.

“Moenie spyt wees nie en gee eers voor jy wil ontvang,” het sy gesê.

Me. Van der Walt beveel die werk vir enigiemand aan omdat dit jou leer dat alles nie oor geld gaan nie en hier leer jy om dankbaar te wees vir alles in die lewe.

Sy het gesê dat haar inspirasie in die lewe haar ma, me. Hester Smith, is wat in Pretoria bly omdat sy ’n vrou is wat altyd aangaan, nooit sê dat dit sleg gaan nie, gelowig is en sy draai vinnig ’n negatiewe siuasie om in ’n positiewe situasie.

“Daardie gevoel van jy beteken iets vir ander, is die gevoel wat ek daagliks hier ondervind,” het sy gesê.

Me. Van der Walt se toekomsplanne is om voor baie mense te gaan praat, hulle te motiveer en ’n ander uitkyk op die lewe te gee.

“Op skool was ek die stil meisie, maar nou het ek uit my dop geklim,” het sy gesê.

In haar vryetyd hou sy daarvan om tyd aan haarself te bestee soos om haar hare te gaan laat doen of inkopies te doen.

“Ek wil vir net vir die bejaardes sê dat hulle spesiaal is en dat hulle meer beteken as wat hulle dink, want ek leer daagliks nuwe dinge by hulle en dis wonderlik hoe hulle nooit sal opgee nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button