Local newsNews

Ontmoet VLU se vooristter

Me. Engela Scheepers is al van 1980 VLU-voorsitte.

BETHAL – Me. Engela Scheepers is sedert 1980 die voorsitter van die Vroue Landbou-unie en is steeds die voorsitter van die Bethaltak.

Sy het in 1978 vir die eerste keer by die VLU aangesluit.

Die Bethaltak val onder nege verskillende takke in die Hoëveldstreek.

Me. Scheepers was vir 25 jaar met ’n boer van die distrik getroud en het twee kinders en ses kleinkinders.

In haar vrye tyd geniet sy dit om te bak, naaldwerk te doen en boeke soos reisverhale te lees.

Die doel van die VLU is om vroue te bemagtig, hul kennis te verbreed, om van hul ’n beter vrou en ma te maak, hul te help om hulle talente te ontdek en hulle ’n gevoel van waarde te gee.

Alle VLU-takke moet jaarliks op ’n kunsternaar, ’n skrywer, ’n produk en ’n boom van die jaar besluit.

Die visie vir die Bethal-tak is om jong vroue betrokke te kry, meer belangstelling te wek sodat naald- en borduurwerk nie verlore gaan nie en om vroue ’n beter siening oor die lewe te gee.

Me. Scheepers het gesê dat haar doel in die lewe is om daar te wees vir haar kinders en kleinkinders wanneer hulle haar nodig het.

Me. Annetjie de Beer, me. Poppie Coetzer en me. Engela Scheepers het baie pret by die vergadering gehad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button