
SECUNDA – Die Evangelies Gereformeerde Kerk bied op 2 Augustus hul jaarlikse Wildsfees aan.
Ds. Recardo Scholtz het mense genooi om verskeie geregte in ’n opelug vuur atmosfeer te gaan geniet.
Kaartjies kos R160 per persoon en die fees is vanaf 3.30nm tot laat.
Van die geregte op die spyskaart, is wildsvleissosaties, wildsworsies, wildspotjie, wildspastei, mieliepap, plaasbrode, ingelegte beet en boontjies en melktert.
Daar gaan ook kunstenaars wees vir vermaak.
Die Evangelies Gereformeerde Kerk is op die hoek van Voortrekker- en Limpopostraat geleë.
Vir meer inligting, skakel ds. Scholtz by 083 787 5281.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



