Local newsNews

Azette bring haar eie digbundel uit

Woord-Engel is die produk van plaaslike inwoner, Azette Wiesner, se seer en rou toe sy as terapie begin skryf het ná die tragiese ongeluk van haar eggenoot, sielsgenoot en vriend, Ettienne Wiesner.

SECUNDA – Me. Azette Wiesner se debuut digbundel gaan binnekort op die rakke verskyn.

Woord-Engel is die produk van haar seer en rou toe sy as terapie begin skryf het ná die tragiese ongeluk van haar man, sielsgenoot en vriend, mnr. Etienne Wiesner.

Facebook is deurspek met digters wat hoop hul pogings trek die aandag van ’n kritikus of uitgewer.

Me. Wiesner, wat bloot haar hartswoorde en pyn met ander wou deel, was verbaas deur die onverwagse steun van haar lesers op die sosiale netwerk wat met haar gevoelsgedigte kon identfiseer.

Daar was skielik in Afrikaans ’n digter wat terselfdetyd gewild was en letterkundige werk kon lewer.

Haar stemwoorde bring vertroosting aan duisende mense wat sy met haar boodskappe van pyn, rou en seer aanraak.

Lesers identifiseer met haar temas van die onbeskryflike verlies van ’n geliefde en die soeke na berusting.

Me. Wiesner is opreg geraak deur die onverwagse sukses van haar gedigte en veral dat duisende lesers getrou haar verse lees, daarom bring sy dankbaar hulde in haar bundel deur aanhalings van haar Facebook-vriende aan te haal.

“Ek kan net vir julle dankie sê vir jul vriendskap en aansporing om aan te hou skryf,” het me. Wiesner gesê.

Die amptelike bekendstelling van Woord-Engel vind op 8 Augustus by die Atterbury Teater in Pretoria plaas waar Helena Hettema gaan optree.

’n Bonus CD word saam met die digbundel verpak waarop Helena 16 toonsettings van die lirieke van verse uit me.Wiesner se bundel sing.

Die titel van die CD is Hettema sing Wiesner.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button