CrimeNews

Man met heroïne in hegtenis geneem

Die polisie het omstreeks 4nm by die staanplek opgedaag en die verdagte deursoek

Die Standerton Polisie het ‘n man in hegtenis geneem vir die besit van heroïne by die taxi-staanplek in Mbonani Mayiselastraat op 16 Julie.

Die polisie het ‘n wenk ontvang van ‘n inwoner oor die verdagte se beweerde handel in die dwelm.

Die polisie het omstreeks 4nm by die staanplek opgedaag en na die verdagte gegaan.

Na verdere ondersoek is hy vasgetrek en heroïne, ter waarde van R2 450, gevind.

Volgens luit. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, werk handelaars nie in groepe nie, maar op hul eie om die produk te verkoop.

Die verdagte is in hegtenis geneem en hofverrigtinge is gereël.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button