
Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem:
• Een vir aanranding om ernstig te beseer
• Drie vir winkeldiefstal
• Drie vir veediefstal
• Een vir bedrog
• Nege vir dronkbestuur
• Twee vir kabeldiefstal
• Een vir diefstal
• Een vir opsetlike saakbeskadiging
• Een vir aanranding
Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het inwoners versoek om huisvensters toe te maak en tuinhekke te alle tye toe te hou, wanneer hulle nie tuis is nie.
“Ons weet dit is somer, maar dit lok misdadigers uit,” het lt. Nhlabathi gesê.
Hy het inwoners, veral vroue, herinner om nie ‘n ryloop-geleentheid oorkant KFC in die oop veld, naby die R23, te aanvaar nie.
“Die gebied is ‘n miernes van kriminele bedrywighede, vroue word opgetel, beroof en verkrag.”
Hy het ook inwoners na ‘n gebedsdiens by die Calvary Christian Centre op 29 September omstreeks 10vm genooi.


