Hoogies verloor stryd
Die beste kolwer was Tiaan du Preez met 27 lopies en die beste bouler was Jaco Roelofse met 3/29 na 9 beurte.
BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se eerste krieketspan en die 0/15A-span het onlangs teen HTS Middelburg se spanne in die superliga gespeel.
Hoogies se eerstespan het die rooipette met 222 in 44 beurte uitgeboul.
Dié span is toe vir 208 in die 48 beurte uitgeboul en hulle het die wedstryd met 14 lopies verloor en algeheel vyfde geëindig.
Die beste bouler was Ashley Methula met 4/32 in 9 beurte en die beste kolwer was Siyabonga Mtsweni met 52 lopies.
Die 0/15A-span het 130/10 na 35 beurte aangeteken en HTS Middelburg het die telling met ses paaltjies plat in die 34ste beurt verbygegaan.
Die beste kolwer was Tiaan du Preez met 27 lopies en die beste bouler was Jaco Roelofse met 3/29 na 9 beurte.
Vier van Hoërskool Hoogenhout se krieketspelers is in die finale proefspanne wat in die vakansie vir ’n plek in die Mpumalanga-span gaan meeding.
Hulle is Ashley Methula (0/19), Siyabonga Mtsweni en LungeloMtshali (0/17) en Tiaan du Preez(0/15).



