Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem:
• Een vir besit van heroïene
• Een vir huisbraak en diefstal
• Twee vir roof
• Een vir diefstal
• Een vir dronkbestuur
• Drie vir winkeldiefstal
• Een vir seksuele aanranding
Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het ’n versoek aan werkgewers gerig om vroulike werknemers, sonder vervoer, vroeër af te gee om publieke vervoer te kry.
“Roof en verkragting kom voor by vroue wat noodgedwonge moet loop,” het lt. Nhlabathi gesê.
Die polisie het ook hulle beste wense aan die gr.12 leerlinge met die oog op die eindeksamen oorgedra.
“Skenk julle volle aandag aan julle studies en bly weg van kriminele bedrywighede, soos dwelms,” het hy ook gesê.



