Local newsMunicipalNews

Oop kabel is onder grond

Inwoners van Drakensberg-woonstelle is dankbaar dat die oop kabel nie meer kragonderbrekings veroorsaak nie.

SECUNDA – Die oop kabel wat al vir bykans ’n jaar bo die grond op die hoek van Drakensberg- en Bloubergstraat gelê het, is op Dinsdag, 28 Oktober deur die plaaslike munisipaliteit geïsoleer en onder die grond begrawe.

Voetgangers en motoriste kan nou vrylik Secunda Village se agter ingang gebruik sonder dat die krag onderbreek word by Drakensberg-woonstelle.

“Ek kan nou stort sonder om geskok te word,” het mnr. Peter John Smith, inwoner van Drakensberg-woonstelle, gesê.

“Ons waardeer die spoedige oplossing van die klagte omdat die dienslewering van die plaaslike munisipaliteit ’n gewaarborgde reg is,” het mnr Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button