Local newsMunicipalNews

Gedenkplein in ’n toestand

Bethallers is kwaad oor toestand van sirkel.

BETHAL – Inwoners is ontstoke oor hoe die geskiedkundige gedeelte van Bethal deesdae lyk.

“Vuilgoed is orals rondgestrooi en mense sit op van die standbeelde by Gedenkplein asof hulle niks beteken nie,” het ’n inwoner gesê.

Volgens me. Alta Bronkhorst is daar glo vir die straatsmouse netjiese hokke opgerig, maar steeds is daar van die smouse wat op die sypaadjies hulle produkte uitpak en verkoop.

“Ek voel nie veilig daar nie en dit is skokkend hoe dit agteruit gegaan het.”

Motoriste hou nie hulle spoed by die sirkel nie en sommige van hulle ry nes hulle wil om die sirkel.

Volgens inwoners stop die taxi’s op die gras by Gedenkplein en was hul voertuie daar.

“Dit is ’n geskiedkundige gedeelte op Bethal wat so agteruit gaan,” het ’n inwoner gesê.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende hoof van Bemarking en Kommunikasie, het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button