Standerton Polisie hou wakende oog
Die polisie het ook met die oog op die komende feesseisoen die publiek aangeraai om nie groot bedrae geld, by die bank te onttrek nie.
Die Standerton Polisie het die afgelope week die volgende verdagtes in hegtenis geneem:
• Een vir diefstal
• Een vir opsetlike saakbeskadiging
• Een vir poging tot moord
• Een vir kabeldiefstal
• Drie vir besit van gesteelde goedere
• Een vir motorkaping
• Drie vir motordiefstal
• Een vir huisinbraak en diefstal
• Een vir aanranding met die opset om ernstig te beseer
• Een vir huisinbraak met die bedoeling om ’n misdaad te pleeg
“Vroue word versoek om nie alleen, maar in ’n groep, vir ’n rygeleentheid oorkant KFC op die R23-pad te soek nie,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.
Die polisie het ook met die oog op die komende feesseisoen die publiek aangeraai om nie groot bedrae geld, by die bank te onttrek nie.
Ouers is ook versoek om nie hulle kinders sonder toesig toe te laat om naby water te speel nie.



