CrimeLocal newsNews

Inwoners leef in gevaar

Toeloop van voetgangers.

SECUNDA – Inwoners van Sunsetpark is ontsteld oor die voetgangers wat die oop veld langs Rubensstraat as kortpad gebruik om by die Departement van Arbeid se kantore uit te kom en huisinbrake en honde wat vergiftig word is aan die orde van die dag.

Die sektorpolisie het al ses maande gelede ’n kennisgewing opgerig dat dié veld toegemaak gaan word en dat mense die alternatiewe roete agter Rubensstraat moet gebruik.

Volgens inwoners is hul lewens in gevaar en hulle kan nie groot bedrae geld aan sekuriteit bestee nie.

“Klagtes oor kriminele aktiwiteite moet by die polisie vir ondersoek aangemeld word,” het mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê.

“Die opening of sluiting van openbare ruimtes begin met ’n aansoek wat ingedien word deur middel van die motivering van aksie en dan ’n proses van openbare deelname.”

Die inwoners het petisievorms geteken en by dit by die plaaslike munisipaliteit ingehandig.

“Ons het al prober om die oop veld te huur en self te onderhou, maar volgens die munisipaliteit is dit munisipale grond en nie vir die publiek beskikbaar nie,” het ’n bron gesê.

Sektor 1 van die sektorpolisie patrolleer gereeld die buurt om veiligheid te verseker, maar volgens mnr. Pierre Jacobs, voorsitter van Sektor 1 Polisie, is daar te veel beweging in dié residensiële gebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button