Local newsMunicipalNews

Bethallers is moedeloos

Bethallers voos oor gedurige kragonderbrekings.

BETHAL – Vir meeste Bethallers was die krag op Woensdag, 26 November ’n frustasie omdat dit kort-kort aan- en afgegaan het.

Volgens die Call Centre van die munisipaliteit het kabels gebrand en elektrisiëns het die oggend reeds aan die probleem begin werk.

In sekere gebiede op Bethal was die krag langer af as in ander gebiede.

Ondernemings was die ergste beïnvloed en dié wat nie kragopwekkers het nie, moes hul deure sluit.

Gereelde kragonderbrekings kan elektroniese toestelle beskadig.

Die krag het op meeste plekke weer om 8.30nm aangekom.

Mnr. Henry Masango, hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat die gebrande kragkabels herstel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button