Local newsMunicipalNews

Bethallers kry hulp

Brug nou toeganklik.

BETHAL – Net drie dae nadat mnr. Walter Arrow, voorsitter, die DA se wyk 15 gestig het, het die lede die insiatief geneem om die brug in Stasieweg naby die Nestlé-fabriek toeganklik te maak.

Mnr. Walter Galloway, ondervoorsitter, het toerusting bymekaar gekry en ’n skraper vanaf mnr. Phillip Galloway, lid van CTR, gekry en hulp vanaf mnr. Theo en me. Magda Fondse.

Die brug is een van die ergstes op Bethal en het sedert die erg reën verlede jaar agteruit gegaan.

Mnr. Danie Mouton van Bethal Sand en Stene het ook materiaal geskenk.

“Wyk 15 gaan nog baie werk saam verrig,” het mnr. Arrow gesê.

Mnr. Henry Masango, hoof van kommunikasie en bemarking, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button