Local newsMunicipalNews

Bethal-slaggate neem toe

Slaggate op Bethal raak 'n nagmerrie.

BETHAL – Spruitstraat het meer as sewe slaggate by die stopstraat aan beide kante van die pad en volgens mnr. Henry Masango, hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, is daar vir die herstel van die slaggate begroot en sal dit glo in die volgende finansiële jaar herstel word.

Dit is nie net daar wat dit só lyk nie, maar die slaggate in Spruitstraat is van die ergstes.

Volgens inwoners vul die munisipaliteit die ergste slaggate met grond wat net weer met die volgende reën wegspoel.

“As die slaggate met grond gevul word, hou dit ’n week as dit nie reën nie,” het ’n inwoner gesê.

Inwoners het gesê dat hulle menige klagtes by die munisipaliteit ingedien het, maar nogsteeds word daar nie aandag aan die probleem gegee nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button