Johan sukkel steeds met krag
Inwoner verloor byna alles en munisipaliteit doen niks.
BETHAL – Mnr. Johan Pienaar woon in Bangleystraat 20 en het verlede jaar byna al sy elektriese toestelle verloor weens die kragtoevoer wat te flou is.
Die kragprobleem het op 8 Junie begin en is tans nog ’n probleem.
Die Ridge Times het op 8 Julie daaroor berig in Inwoner verloor byna alles.
Volgens mnr. Pienaar skakel hy sy stoof op die hoogste graad aan en dan neem dit ’n uur om ’n eier te bak.
Hy het die probleem al verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld, maar tevergeefs.
Albei sy televisies, die hek se motor, ses ligte en die wasmasjien is beskadig.
As hy die krag meet, is dit 196V in plaas van 220V.
“Ek ly net skade,” het hy gesê.
Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbkei Munisipaliteit, het nie kommentaar gelewer nie.



