CrimeLocal newsNewsUpdate

Man aangeval in Kroghstraat

Volgens Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) is hulle met ’n mes en 9mm pistool toegerus.

’n Man is gisteraand om 8.40nm in Kroghstraat deur gewapende mans aangeval.

Na wat verneem word is daar twee verdagtes en is hulle steeds op vrye voet.

Volgens Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) is hulle met ’n mes en 9mm pistool toegerus.

Na bewering het die man wat aangeval is, vriende afgesien en vergeet om die hek toe te maak.

Hy het uitgegaan waarna die mans toegeslaan het.

Kasselman en die polisie is op soek na een lang man wat ’n oorpak gedra het en een kort man (geen beskrywing van kleredrag).

OPVOLG:

Mnr. Gawie Kriel, onderdele-bestuurder van Eastvaal Motors is die slagoffer.

BESERINGS:

Ligte snywonde aan voorarm.

WAT HET GEBEUR NA DIE MANS TE VOORSKYN GEKOM HET:

Die twee verdagtes het mnr. Kriel se hande vasgebind, sy beursie gevat en ’n pistool teen sy kop gedruk.

Hulle het hom beveel om sy PIN-kode bekend te maak.

Hulle het hom na een van die kamers van sy woonstel geneem en hom daar toegesluit.

Toe hy nie meer die mans in die huis hoor nie het hy die deur oopgebreek en die noodknoppie gedruk waarop Kasselman Veiligheidsdienste gereageer het.

OPVOLG (10.42vm):

Mnr. Kriel se beursie is deur kontrakteurs, wat verantwoordelik is vir padwerke op die Heidelbergpad, opgetel.

Albei mans is met pistole en messe toegerus gewees tydens die voorval gisteraand.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button