Hengelaars vang 915 visse
Meyerville Hengelklub het ’n naweekkompetisie by Grootdraaidam op 9 en 10 Januarie gehou.

Meyerville Hengelklub het ’n naweekkompetisie by Grootdraaidam op 9 en 10 Januarie gehou.
Altesaam 31 lede en twee besoekers het deelgeneem en 916 visse, met ’n gesamentlike gewig van 415,42kg, gevang.
Gerhard Lues het die seniorafdeling gewen met 125 visse van 50,58kg, terwyl Braam Blignaut (sr) tweede was met 107 visse van 36,85kg en Braam Blignaut derde was met 62 visse van 21,14kg.
Braam Blignaut het die swaarste moddervis van 0,895kg in dié afdeling vasgekap.
Jeanette Blignaut het die vroue-afdeling gewen met 51 visse van 23,72kg.
Marietjie Toscano was tweede met 27 visse van 14,36kg en Ilene Schonken derde met 27 visse van 13,94kg.
Jeanette Blignaut het die swaarste moddervis van 1,1kg in dié afdeling vasgekap.
Marizaan Blignaut het die juniorafdeling gewen met 32 visse van 12,56kg.
JT Pretorius was tweede met ses visse van 5,74kg en in die derde plek was AJ Oosthuyzen met twee visse van 1,34kg.
Marizaan Blignaut het die grootste moddervis, wat 0,973kg geweeg het, in dié afdeling gevang.
Piet van der Merwe het die meestersafdeling gewen met 68 visse wat 26,08kg geweeg het.
Carel Lombard was tweede met 43 visse van 21,16kg en derde was Pikkie Gleeson met 27 visse, wat 13,46kg geweeg het.
Piet van der Merwe het die grootste moddervis van 0,459kg in dié afdeling vasgekap.
Die klub se volgende kompetisie is op 14 Februarie by die klubwater.
Lede kom om 6.15vm by die hek bymekaar, waarna hulle stiptelik om 6.30vm na die afgebakende hengelgebied sal vertrek.
Vir meer inligting skakel Braam Blignaut by 076 423 3556 of Jeanette Blignaut by 079 040 3563.



