CrimeLocal newsNews

277 plaasaanvalle aangemeld in 2014

Dit blyk ook dat daar sedert 2011 ’n stelselmatige styging in die jaarlikse aantal plaasmoorde was.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaal Landbou-Unie (TLU) SA het die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2014 tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion bekendgemaak.

’n Totaal van 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU geverifieer kon word.

In dieselfde jaar kon 67 plaasmoorde bevestig word.

Volgens die syfers was daar sedert 1990 nog nooit ’n jaar waartydens 277 plaasaanvalle geverifieer kon word nie.

Dit blyk ook dat daar sedert 2011 ’n stelselmatige styging in die jaarlikse aantal plaasmoorde was.

Die organisasies het ook bekendgemaak dat daar sedert die begin van 2015 reeds nege plaasmoorde gepleeg is.

Sowel AfriForum as TLU SA het hul kommer uitgespreek oor die feit dat pres. Jacob Zuma die afgelope naweek ’n beroep op boere gedoen het om meer te doen om hul werkers se lewensomstandighede te verbeter, terwyl hy nie bereid was om hom oor die duisende boere wat al vermoor is, uit te spreek nie.

Die twee organisasies het ook bekendgemaak dat hulle in die nabye toekoms ’n skrywe aan die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sal rig om vir ’n gesprek met die ANC-leierskap te vra.

AfriForum en TLU SA.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button