Local newsMunicipalNews

Kragbokse naby skole is oop

Munisipaliteit doen sedert verlede jaar niks aan oop kragbokse nie.

SECUNDA – Oop kragbokse in verskeie strate en naby skole hou ’n gevaar in.

Nie net het dié oop kragbokse nie slotte nie, maar die deure is wawyd oop en enige laerskoolkind het dus toegang daartoe.

Die Ridge Times het op 24 Februarie verlede jaar in die berig “Children suffer second degree burns” berig oor twee kinders wat op Bethal by ’n oop kragboks gebrand het.

Nie net is dit gevaarlik vir kinders nie, maar enige iemand het toegang tot die kragbokse het.

Die koerant het al verskeie kere oor dié probleem berig en die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, het verlede jaar gesê hy sou ondersoek instel en reageer.

Die Ridge Times het hom vanjaar weer om kommentaar genader en hy het gesê: “Govan Mbeki Munisipaliteit sal ’n span tegnikuste uitstuur om die probleem te ondersoek en die oop kragbokse toemaak.

“Ons maan die publiek om nie dié bokse te vandaliseer nie, want hulle stel ander se lewens in gevaar.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button