CrimeLocal newsNews

Polisie vang drie

Polisie en sekuriteitswagte werk saam by taxi-staanplek op Secunda.

SECUNDA – Die polisie, in samewerking met Ikusasa en Servest Sekuriteit het vanoggend drie mand in hegtenis geneem op aanklagte van huisbraak.

Die polisie het die gebied by die taxi-staanplek in die dorp gepatroleer en eers twee verdages met tuingereedskap gesien.

Hulle het nader gestap om die twee mans uit te vra en die twee het laat spaander.

Die polisie het nog ’n man met ’n fiets by die taxi-staanplek opgemerk en hom in hegtenis geneem.

Die strate waar misdaad en huisinbrake onlangs plaasgevind het is Generaal Beyersstraat, Postmastraat, Wangenaarstraat, Generaal de la Reystraat, Bergrivierstraat, Munchenstraat, Leydsstraat, Rubenstraat, Henry Faganstraat, Okovangostraat, Umzintostraat, Merenskystraat, Lateganstraat Kameeldoringstraat.

Die Facebook-blad, Safer Secunda, het inwoners wat in dié strate woon, gemaan om versigtig te wees en hul sekuriteitsmaatreëls op te skerp.

Secunda Polisie het sakemanne na die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Sektor 1 se vergadering wat op Donderdag, 22 Januarie om 10vm by die polisiestasie plaasvind, genooi.

Vir meer inligting, skakel adj.-off. Ngcobo by 079 499 8893.

Trichardt Polisie gaan ook op Donderdag, 22 Januarie die GPF op Trichardt weer hervestig en het alle inwoners genooi om betrokke te raak en die polisie te help om misdaad te bekamp.

Die vergadering vind om 6nm by Trichardt Polisiestasie plaas.

’n Nuwe komitee sal tydens dié vergadering gekies word en die polisie se mikpunt is om veiligheid op Trichardt te verbeter.

Vir meer inligting, skakel konst. Velencia Koma by 017 638 0241 of mnr. Clarke van der Walt by 079 985 4343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button