EVANDER – Sommige inwoners het onlangs oor maagkrampe, dehidrasie en hoë koors gekla en volgens hul dokters is die vanweë besoedelde drinkwater.
Die waterreservior wat naby Evander geleë is, verskaf water aan die omgewing en buurdorpe soos Kinross, Secunda en eMbalenhle en word deur Rand Water bestuur.
Volgens mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, is hulle al vir langer as 100 jaar in vernootskap met Rand Water en het nog nie vantevore enige probleme ondervind nie.
Die Ridge Times het op Vrydag, 23 Januarie die watertoring besoek en opgemerk dat die perseel nie gesluit is nie.
Mnr. NC van Huysteen, DA-raadslid, het die gemeenskap verseker dat daar niks fout is met die water nie en dat verdere ondersoek ingestel sal word as nog mense siek word.
Die DA het watermonsters geneem wat vir toetse gestuur sal word.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



