Local newsLocal sportNewsSport

Oud-valskermsoldate vergader

Alle oudvalskermsoldate (paratroopers) in die Hoëveld-omgewing word genooi na die Hoëveld Stigtingsvergadering

Alle oudvalskermsoldate (paratroopers) in die Hoëveld-omgewing word genooi na die Hoëveld Stigtingsvergadering van die Hoëveld Canopy op Saterdag, 31 Januarie om 11:00.

Die vergadering sal plaasvind by die Moth Shellhole in Ermelo en kroeg- en braaigeriewe sal beskikbaar wees.
Die doel van die vergadering sal wees om die

* konsep-konstitusie van SAPA vir die gestigde Canopy voor te hou;

* struktuur (organigram) vir die Hoëveld Canopy te beplan en goed te keur;

* bestuur te verkies wat die Canopy moet stuur na die DZ;

* afvaardiging na die nasionale vergadering in Februarie in Bloemfontein aan te wys met volle mandaat vanaf die Canopy.

Lede moet nie laternie as 10:45 aanmeld en registreer sodat die vergadering stiptelik om 11:00 kan begin.

Die sosiale deel van die byeenkoms sal om 12:30 begin en almal sal ongeveer 15:00 huiswaarts keer. Braaipakkies en bykosse sal goedkoop beskikbaar wees en die vure sal gereed wees. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees om die kele nat te hou.

Skakel Kobus Human by 082 820 8676 of e-pos hom by kobus.human@gmail.com of kontak Dave Harris by 082 899 3110 of e-pos daveh@intekom.co.za om bywoning te bevestig of vir enige navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button