CrimeLocal newsNews

Polisie vang drie

Diewe probeer gesteelde goedere by taxi-staanplek wegsteek.

SECUNDA – Die polisie, in samewerking met Ikusasa en Servest Sekuriteit, het Woensdag, 21 Januarie drie mans in hegtenis geneem op aanklagte van huisbraak.

Die polisie het die gebied by die taxi-staanplek op die dorp gepatroleer en twee verdagtes met tuingereedskap gesien.

Hulle het nader gestap om hulle te ondervra en die twee het laat spaander, maar is later gevang.

Die polisie het nóg ’n man met ’n fiets by die taxi-staanplek opgemerk en hom in hegtenis geneem.

Die strate waar misdaad en huisinbrake onlangs plaasgevind het, is Generaal Beyersstraat, Postmastraat, Wangenaarstraat, Generaal de la Reystraat, Bergrivierstraat, Munchenstraat, Leydsstraat, Rubenstraat, Henry Faganstraat, Okovangostraat, Umzintostraat, Merenskystraat, Lateganstraat en Kameeldoringstraat.

Die Facebookblad Safer Secunda het inwoners wat in dié strate woon, gemaan om versigtig te wees en hul sekuriteitsmaatreëls op te skerp.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button