CrimeLocal newsNews

40 lede sluit aan by buurtwag

Die Standerton Buurtwag het by die Guest House in Colignystraat hulle eerste vergadering vanjaar op 29 Januarie gehou.

Die Standerton Buurtwag het by die Guest House in Colignystraat hulle eerste vergadering vanjaar op 29 Januarie gehou.

Die polisie en Kasselman Veiligheidsdienste gaan deel van ’n groepspatrollie wees.

“Die doel van die patrollie is om mense van ons bewus te maak,” het mnr. Juandré Kasselman, voorsitter van die buurtwag, gesê.

Nuwe radioseine is ook bespreek vir almal wat radio’s aan diens gebruik.

“Sowat 40 lede het by ons aangesluit en die eerste lid van Kosmospark het ook vandag aangesluit,” het mnr. Kasselman gesê.

Die buurtwag vergader elke laaste Donderdag van die maand om 6.30nm by die gastehuis.

Vir meer inligting skakel mnr. Kasselman by 079 983 7435 of in ’n noodgeval, skakel die buurtwag se noodnommer by 071 209 2978.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button