Local newsMunicipalNews

Belastingbetaler dok vermoedelik onregmatig op

Mnr. Kgotso Motloung, voormalige streeksburgemeester van die Gert Sibande Distriksmunisipaliteit, se begrafnis op 20 Desember is vermoedelik onregmatig deur die belastingbetaler befonds.

Mnr. Kgotso Motloung, voormalige streeksburgemeester van die Gert Sibande Distriksmunisipaliteit, se begrafnis op 20 Desember is vermoedelik onregmatig deur die belastingbetaler befonds.

Gert Sibande het R237 584, 64 beskikbaar uit hulle noodbegroting gestel waar onder meer R105 000 vir t-hemde by die begrafnis bestee is.

Die Lekwa Munisipaliteit het ’n verdere R203 049, 84 gegee, wat op ’n raadsvergadering op 29 Januarie goedgekeur moes word.

Mnr. Rosier de Ville, hoofsweep van die DA, het op die vergadering gevra dat die item na die munisipaliteit se oorsigkomitee verwys word, wat ’n beleid vir die toekoms moet vasstel aangaande koste verbonde aan begrafnisse.

Kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button