Inwoners die josie in oor onwettige storting
Inwoners van Kiaatstraat is gefrustreerd omdat iemand boumateriaal in ’n oop stuk veld voor hulle huise agtergelaat het.
Inwoners van Kiaatstraat is gefrustreerd omdat iemand boumateriaal in ’n oop stuk veld voor hulle huise agtergelaat het.
“Ek sny die gras, maar die materiaal gaan my toerusting beskadig,” het ’n inwoner gesê.
“Ek het boumateriaal in die veld gehad toe ek my huis gebou het, maar het alles verwyder,” het mnr. Jason Wazar, inwoner van Kiaatstraat, gesê.
“Mense op die dorp gebruik enige plek om hulle vullis weg te gooi.
“As my vragmotor in die omgewing is, sal ek reël dat my mense die boumateriaal verwyder.”
Sou inwoners die munisipaliteit wil skakel oor gras wat gesny moet word op munisipale grond, kan hulle met mnr. Sipho Ngwenya, toesighouer van parke en ontspanning, by 071 679 3334 in verbinding tree.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



