Trichardt-pad is onrybaar
“Greystraat is as een van die baie paaie wat aandag in die Govan Mbeki munisipale gebied nodig het.”
TRICHARDT – Die slaggate in Greystraat ontstel motoriste wat die pad daagliks gebruik omdat hulle skade aan hul motors uit hul eie sak moet betaal.
Die pad is verlede jaar deur die Govan Mbeki Munisipaliteit herstel, maar volgens inwoners het hulle slegs die slaggate met grond gevul en was hulle binne ’n dag of twee weer onrybaar.
“Ons kan nie kort-kort ons bande vervang omdat die munisipaliteit nie sy pligte nakom nie”.
Inwoners moet op die sypaadjie of in die ander baan van die pad ry weens die slaggate.
Nadat dit gereën het, kan die slaggate nie gesien word nie.
“Ons dorp is in ’n slegte toestand en ons gemeenskap vra dat iets aan die probleme gedoen word.
“Dit is ’n skande dat ’n dorp wat so pragtig was, só agteruitgaan gegaan het.”
Inwoners het vantevore petisies opgetrek sodat die munisipaliteit die erns van die saak besef, en volgens me. Naomi Victor, DA-raadslid, is dié probleem al menige kere aan die raad tydens komiteevergaderings uitgewys, maar daar word niks gedoen nie.
Een van die ondernemings het verlede week ’n wa met sy vrag in een van die bome gery nadat hy in een van die slaggate gery en beheer oor die voertuig verloor het.
“Dit was omstandighede buite my beheer en ek is gelukkig dat ek nie seergekry het nie,” het die motoris gesê.
“Greystraat is as een van die baie paaie wat aandag in die Govan Mbeki munisipale gebied nodig het.
“Daar sal binnekort aandag aan die probleem gegee word sodat die pad weer toeganklik vir motoriste is,” het mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



