CrimeLocal newsNews
Skoonheidskliniek besteel
Adri Marx Skoonheidssalon was die teiken van ’n inbraak vroegoggend op 9 Februarie.
Adri Marx Skoonheidskliniek in Caledonstraat was die teiken van ‘n inbraak vroegoggend op 9 Februarie.
Volgens die kontrolekamer van Kasselman Veiligheidsdienste het die kliënt hulle gebel en gesê daar is ingebreek.
Volgens Kasselman het die diewe deur ‘n klein venstertjie agter die gebou toegang verkry.
Twee geldkassies met sowat R300 in is gebuit.
‘n Saak van besigheidsroof is by die Standerton Polisie oopgemaak.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



