Local newsMunicipalNews

Trichardt Timbercity help gemeenskap

Rapportryerstraat reggemaak.

TRICHARDT – Timbercity in vernootskap met die Govan Mbeki Munisipaliteit het Rapportryerstraat verlede Desember geskraap en heeltemal reggemaak.

Die munisipaliteit was verantwoordelik vir die plaveisel en Timbercity het vir die opknap en ander arbeidskostes betaal.

Die pad was vir ’n geruime tyd ’n probleem en inwoners was moeg gekla oor die slaggate.

“Ons het dit vir die gemeendskap gedoen om hulle te bedank vir hul ondersteuning deur die jare.

“Ons stap al ’n lang pad saam met die gemeenskap,” het me. Najeeba Di Loreto, bestuurder van Timbercity, gesê.

Timbercity is al vir 38 jaar in die gemeenskap betrokke.

Mnr. Clarke van der Walt, voorsitter van die Trichardt GPF, het die personeel van Timbercity persoonlik namens die gemeendskap vir hul bydrae tot die gemeenskap se vooruitgang, bedank.

“Ons moet saam staan en mekaar dra en op dié manier kan ons ’n verskil maak,” het mnr. Van der Walt gesê.

“Dit word waardeer as partye ’n vernootskap met die munisipaliteit aangaan om die gemeenskap te bevorder.

“Ons sien daarna uit om saam met die gemeenskap te werk,” het mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button