Gesin op plaas aangehou
Dr. Wynand Basson en sy gesin is omstreeks 2.30vm op 15 Februarie deur aanvallers aangehou.
’n Voormalige tandarts op die dorp, dr. Wynand Basson, en sy gesin is omstreeks 2.30vm op 15 Februarie deur aanvallers aangehou.
Die voorval het op ’n plaas tussen Standerton en Balfour plaasgevind.
Die gesin is vasgebind en sakke oor hulle koppe gesit.
Die booswigte het met dr. Basson se voertuig gesteel, wat later op sy buurman se plaas gekry is.
“Daar is ’n saak van gewapende roof by die Standerton Polisie aangemeld, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



