CrimeLocal newsNews

Man dreig twee vroue met mes

Man agtervolg twee vroue.

SECUNDA – Twee vroue is glo op Saterdag, 14 Februarie deur ’n man met ’n mes gedreig nadat hy hul selfone gesteel het.

Hulle het die middag by Sasolklub tennis gespeel en toe hulle huis toe stap het die man hulle agtervolg.

Hy het glo ’n mes teen een van die vroue se keel gehou en vir hul selfone gevra.

’n Motoris het die gebeure gesien en dadelik die polisie in kennis gestel.

Die vroue is nie ernstig beseer nie en het net groot geskrik.

“Ek is jammer, ek wou hul selfone vir hulle teruggee,” het die man blykbaar vir die polisie gesê.

Hy is op die toneel in hegtenis geneem en die vroue het ’n klag van gewapende roof gelê.

Die datum vir sy hofsaak is nog nie bekend gemaak nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button