CrimeLocal newsNews

Man skiet glo uit selfverdediging

Gewonde vlug nadat hy geskiet is.

EVANDER – ’n Sekuriteitswag van Protea Coin Groep het glo op 4 Februarie uit selfverdediging geskiet en ’n man in die been gewond.

Volgens die sekuriteitswag het die man hom met klippe tussen Evander Goudmyn by skag sewe en Amandla informele nedersetting gegooi.

Baie onwettige myners betree daagliks die myn sonder permitte en dit is belangrik dat die sekuriteit waaksaam is en hul pligte nakom.

Die man wat gewond is, het na die naaste uitbreiding gevlug enin een van die inwoners se huise geskuil.

Die polisie was op die toneel en het van deur tot deur geloop om na die man te soek en het hom met die hulp van die gemeenskap wat hom herken het, gekry.

Hy is na die Evander Hospitaal geneem waar sy wond behandel is en hy is dieselfde dag ontslaan.

’n Klag van poging tot moord is teen die sekuriteitswag gelê.

Die datum van die hofsaak is nog nie bekend gemaak nie.

“Ons wagte is opgelei en weet hoe om in moeilike situasies nugter te dink,” het mnr. Pine Pienaar, hoof van die Protea Coin Groep, gesê.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button