Polisie maak 21 inhegtenisnames
Die Standerton Polisie het 21 verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem.
Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem.
• Drie vir winkeldiefstal.
• Twee vir verkragting.
• Een vir bedrog.
• Vier vir aanranding.
• Drie vir diefstal.
• Ses vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
• Een vir veediefstal.
• Een vir kwaadwillige saakbeskadiging.
Die polisie het versoek dat mense gedurende beurtkrag, veral in Kosmospark en Florapark, hulle deure en hekke sluit.
“Ons vra ook dat motorvoertuie in julle motorhuise gesluit word,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



