CrimeLocal newsNews

Trichardt-huisbrake ’n groot bekommernis

GPF moedig mense aan om as reserviste aan te sluit.

TRICHARDT – GPF-lede, die polisie en die gemeenskap het op Donderdag, 12 Februarie bymekaar gekom om die vooruitgang van die nuwe gemeenskapspolisieforum (GPF) te bespreek.

Daar was meer mense as vantevore en dit het tot ’n hoopvolle vergadering gelei.

Hulle het pamflette by elke huis uitgedeel met die doel dat meer ondernemings en inwoners by die GPF sal aansluit.

Twee selfone is deur Planet Pawn Brokers aan die GPF oorhandig om kommunikasie tydens patrollies te vergemaklik.

Huisinbrake is ’n groot bekommernis onder inwoners wat meen hul veiligheid is in gedrang.

’n Geval is onlangs deur GPF-lede en die polisie ondersoek waarby twee jong mans betrokke was.

Inwoners naby die Laerskool Trichardt Koshuis het op ’n verdagte afgekom wat saans tussen die motors loop en die perseel dophou.

Hy het oor die huining gespring en een van die vroue het glo ’n gaspistool afgevuur om hom te laat skrik.

Hy het nie beserings opdoen nie en het gevlug.

Mnr. Clarke van der Walt, GPF-voorsitter, en die polisie was op die perseel en het na hom gesoek.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

“Inwoners moet waaksaam wees,” het mnr. Van der Walt gesê.

Die GPF-komitee moedig inwoners aan om as reserviste aan te sluit.

Volgens konst. Valencia Koma, skakelbeampte van Trichardt Polisie, kan die polisie nie alleen misdaad bekamp nie en het die gemeenskap nodig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button